Beet- en feta-tertjies

Daar is min dinge so lekker vir my soos ʼn souttertjie. Toe ek nog op universiteit was het my ma deur ʼn beet-fase gegaan. Sy het die kombuis so te sê beetgekry. In hierdie tyd het haar beettertjies met tiemie en bokmelkkaas uitgestaan. Van al haar beet-resepte het ek die beettertjies met bokmelkkaas die meeste … Lees meer Beet- en feta-tertjies

Keto Kaaskoek

As daar nou een koek daar buite is wat min kreatiewe aandag aan bestee word, is dit ’n kaaskoek. Oral is dit presies dieselfde. Kaaskoek met ʼn grenadella bolaag, kaaskoek met 'n aarbei-compote bolaag, kaaskoek met ʼn suurlemoen-twist, en dis omtrent die omvang. En moet nie laat ek eers begin met die politiek van kaaskoeke … Lees meer Keto Kaaskoek

Pavlova

As daar een nasie is wat ’n behoorlike soettand het, is dit Suid-Afrikaners. ’n Ete uit, by vriende of ’n Sondagmaal is nooit voltooi sonder een of ander soetigheid om die geselligheid mee af te sluit nie. Toe ek groot geword het was my ma se go-to nagereg ’n warm sjokolade-gebak, ’n suurlemoentert en ’n … Lees meer Pavlova