Nes kiepie, op my eie

Dis Saterdagoggend, amper agtuur, en nes enige normale werkende mens lê ek nog in die bed. Ek het die werksweek oorleef (ook maar net-net). Wat hierdie naweeksoggend anders maak, is dat ek op my eie is. Geen beminde in sig nie. Vir die eerste keer in ’n lang tyd moet ek aktiwiteite vind om myself besig te hou, veral om my aandag af te trek van die feit dat ek na my kêrel verlang. En die verlange is eg. Dit voel asof dit ’n gat brand regdeur my binneste, soos wat my aanlyn aankope ’n gat in my beursie brand om die eersgenoemde gat te vul.

In plaas daarvan om myself jammer te kry en die hele dag te verkeer in slaapklere onder ’n melancholiese kombers, het ek besluit om meer pro-aktief te wees. Net omdat ek nie ’n hoërskool-reünie het om by te woon nie, beteken nie dat ek soos kiepie moet rondsit en wag vir dinge om te gebeur nie. Vir hoe lank dreig ek al om ’n rak in my kamer op te sit om my hordes boeke te huisves. Dis die noodlot wat my forseer om op te hou met kla dat ek nie tyd het om dinge te doen nie. Hier bied dit nou vir my ’n geleentheid aan.

img_0292.jpg

Die moderne dame is nie veronderstel om in sak en as te sit wanneer sy nie haar ander helfde kan sien nie. Wat doen sy eerder? Sy bak ʼn hoenderpastei met haar nuwe Le Creuset pie bird. Die voordeel van aanlyn-inkopies is dat ʼn ding soos ʼn pasteivoël  ʼn realiteit word in my lewe – en om lukrake pakkette te ontvang by die kantoor kikker ʼn mens se droewige Dinsdag op. Wie wil nou met ʼn vurk gaan staan en primitiewe gate in ʼn pastei maak, wanneer ʼn mens ʼn oulike voëltjie in die middel van die pastei kan plaas? En nie net enige tipe voëltjie nie, ʼn Le Creuset ene. Toe ek heel opgewonde vir my ma vertel van my nuwe besitting (waarvoor gewag het op daardie stadium) het sy my vertel hoe sy nog onthou van die stoomtoestelletjie (is dit die korrekte woord?) wat my oumagrootjie destyds gebruik het. En sou jy nou kon glo, dit was nie ʼn voëltjie nie, maar ʼn olifant (nie Le Creuset nie).

Die pastei wat ek gewoonlik bak kom van ʼn ander ouma af, ouma Dolly – in alle eerlikheid het ek my ouma se regte naam eers geleer op haar begrafnis. Verbasing en hartseer, gevolg deur souttertjies en hertzoggies. Dit was op die einste begrafnis wat al ons kleinkinders besef het dat Ouma Dolly nooit haar resepte gedeel het nie. Hoewel sy dit vir ʼn dogter of twee neergeskryf het, proe dit net nie dieselfde nie. Sy’t op gevoel gegaan, en dis presies wat ek doen wanneer ek haar pastei probeer namaak. As my tante haar gevra het hoeveel daar van iets in ʼn dis moes kom, sou haar antwoord gewoonlik iets in die lyn wees van ʼn paar skudde van dit of ’n kwart palmbakkie van dat. Dis ʼn wetenskap om die regte geure te kry. Maar ʼn wetenskap wat my wel besig sal hou tot die aand se Der Fliegende Holländer-vertoning in die stad.

NS. Yuppiechef is vinnig, luuks en vir seker die moeite werd. 

IMG_0313

One thought on “Nes kiepie, op my eie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s