27 Club

Dié maand word ek 27. Drie jaar weg vanaf my eerste botox-inspuiting. Drie jaar weg vanaf my eerste K-Way-baadjie. Drie jaar weg vanaf vrae rondom ’n tekort aan eie woning, trouring of Labrador. My grootste vrees is eintlik dat ek spyt gaan wees oor die dinge wat ek nie doen nie, en die ironie lê in die feit dat ek als nou kan doen in plaas van bekommerd wees oor my eendag-spyt-wees.

In die afgelope 27 jaar het ek al verskeie beroepe gekies wat ek gedink het my gelukkig sal maak. Ballerina. Argeoloog. Mode-ontwerper. Argitek. Grafiese ontwerper. Musikant. Fotograaf. Huisvrou. Dis snaaks hoe dit wat jy ingedagte gehad het vir jou toekoms nooit presies uitwerk soos wat jy gedink het nie. Na my laaste gradeplegtigheid het ek gedink ek gaan ’n pos as kopieskrywer losslaan en ’n sjiek loft in Stellenbosch huur met ’n klavier, ’n splinternuwe grys rusbank en vars proteas – ’n plek waar ek vriende kan onthaal en betower met my kombuis-vernuf. Dis drie jaar later en my huidige situasie is ’n ontnugtering van formaat. Ek huur ’n klein kamer in ’n Muizenberg-huis en besit hoofsaaklik net jasse, ‘n mat en ‘n ou skeepstrommel. Ek het maande laas klavier gespeel, en my Le Creuset-pot en -bakke lê iewers in die Boland weggepak.

Die positiewe is dat ek in ’n ou huis met ‘n gewel woon, hier is reeds ’n Le Creuset-pot, daar is WiFi (belangrik!) en my huisvrouhart word gerusgestel met ’n Smeg-gasstoof in die hoekie van die kombuis. Daar is selfs ’n kaggel!

’n Mens se uitkyk op die lewe beïnvloed grotendeels jou geluk. Ons skep hierdie berge van verwagtinge vir onsself en is outomaties teleurgesteld met die uitkoms. Jy besluit self of jy gelukkig gaan wees en of jy jouself gaan jammer kry. Vir lank het ek myself jammer gekry, maar ek wil nie my laaste paar jaar in my 20’s so onthou nie. So ek het besluit om eerder gelukkig te wees en die beste van dit te maak. Dus, ter viering van my eerste week in my nuwe woning, ’n grootwordjare-gunsteling: vlaskywe. Vind die resep hier.

Foto: Jeanne Carstens

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s