Tafel vir twee, asseblief

Foto: Jeanne Carstens

Wat is nou lekkerder as ’n date? Een waar jy spesiaal ’n mooi rok aantrek en jou gesig so bietjie meer inkleur in vergelyking met die bleek masker wat jy werk toe dra, om in ’n restaurant neer te sit en in mekaar se oë te staar en oor die tafel langsaan te skinder, en om soveel steak te eet dat jy die mooi rok heroorweeg.

Hierdie tipe affêre is ongelukkig nie iets wat gereeld in my lewe gebeur nie. Weens werksredes sien ek en die ander helfte mekaar baie min, maar dit beteken ook dat sy vriende en familie hom net so min sien. So, vir die kort tydjie wat hy gewoonlik hier is bestaan ons dates uit die twee van ons en ʼn derde wiel van een of ander soort, hetsy die gesin, huismaat, beste vriend, of ʼn oorywerige kelner.

Al my mooi oorsese rokke is in my kas weggepak en deesdae opt ek meer vir jeans en t-hemde.

Meeste mense sal sê dat ek met hom moet praat en ʼn plan moet maak, maar meeste mense is nie in hierdie verhouding nie. Diegene naaste aan my sal weet dat hierdie een van die moeiliker verhoudings is weens die tekort aan tyd saam en die oormaat van afstand. My naastes sal ook weet dat hierdie ook die rede is hoekom ek myself van sosiale media af verwyder het – niemand hou van ʼn meisie wat bitter raak weens ander mense se liefdesverklarings op sosiale media nie, maar ’n mens hoef nie elke oomblik van ’n verhouding publiek te maak nie. We get it, julle verhouding is wonderlik en rooskleurig.

Wat doen ʼn mens dan? Jy maak die beste van die situasie. As Mohammed nie na die berg toe wil (of kan) gaan nie, bring jy die berg na Mohammed. Pos die huismaat, koop ʼn kers, en dek ʼn tafel! Daar het jy jou eie restaurant-hoekie in die gemak van Mohammed se tuiste. En steak is nie net by Hussar Grill, Fat Butcher, Cattle Baron of die Spur beskikbaar nie. Hier is ʼn resep vir ʼn Thaise Fillet Slaai – eenvoudig, vars, verfrissend, en jy kort nie eers ʼn stoof, oond of braai nie!

Foto: Jeanne Carstens

Bestanddele

  • 250 g fillet
  • sap van 3 lemmetjies
  • 2 brandrissies
  • vars gemmer
  • 2 knoffelhuisies
  • vars koljander
  • tamaties
  • sesamsade
  • vissous
  • sesamsaadolie
  1. Sny die vleis in dun repies.
  2. Tjop die rissies, gemmer en knoffel en sit dit in ‘n bak saam met die lemmetjiesap.
  3. Plaas die repies vleis in ‘n plat bak en gooi die lemmetjie-marinade bo-oor.
  4. Maak toe met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 30 tot 60 minute.
  5. Sit die vleis voor op ‘n koljanderbedding met tamaties.
  6. Strooi sesamsade oor die vleis (jy kan die sade vooraf in die oond rooster vir ekstra geur) en sprinkel heel laaste die vissous en olie bo-oor.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s