Pavlova

As daar een nasie is wat ’n behoorlike soettand het, is dit Suid-Afrikaners. ’n Ete uit, by vriende of ’n Sondagmaal is nooit voltooi sonder een of ander soetigheid om die geselligheid mee af te sluit nie. Toe ek groot geword het was my ma se go-to nagereg ’n warm sjokolade-gebak, ’n suurlemoentert en ’n trifle. Daar was ’n tyd wat sy so baie tiramisu gemaak het dat ek dit vandag vermy. Maar hetsy jy nou van koffie-gegeurde nageregte of sitrusyskasterte hou, kraai ’n pavlova immers koning – oftewel, koningin!

Ek glo die gewildheid van ’n pavlova lê in sy eenvoud: meringue, room en vars aarbeie, maar dit beteken nie dat ’n mens nie mag eksperimenteer nie. Foodies of SA het ’n lekker twist tot ’n pavlova bygevoeg wat so bietjie wegbeweeg van die doodgewone meringue.

Bestanddele

Vir die meringue

  • 80 g donker sjokolade
  • 6 eierwitte
  • ¼ t kremetart
  • 1 ½ k suiker
  • 2 eetlepels kakao
  • 1 t vanielje-ekstrak

Vir die versiering

  • 250 ml room
  • aarbeie
  • appelliefies
  • 80g donker sjokolade
  • vars peperment
  • pekanneute

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 120 °C.
  2. Gebruik ’n koekblik om ‘n sirkel van sowat 20 cm in deursnee om bakpapier af te trek.
  3. Plaas in ’n groot bak oor ’n pot warm water en plaas die sjokolade in die bak en roer totdat dit heeltemal gesmelt en glad is. Sit eenkant om effens af te koel.
  4. Plaas die eierwitte en kremetart in ’n groot mengbak en klits met ’n handmenger op ’n lae spoed vir 1-2 minute.
  5. Vermeerder die spoed tot medium, en begin die suiker geleidelik byvoeg. Klits totdat dit styf is.
  6. Sif die kakaopoeier in die mengsel in, voeg die vanielje-ekstrak by en meng.
  7. Vou die gesmelte sjokolade saggies in, wees versigtig om dit nie te oormeng nie.
  8. Skep die mengsel op die bakplaat in die sirkel. Maak die bokant glad.
  9. Bak vir 1 uur 20 minute. Laat dit in die oond afkoel.
  10. In ’n bak, klits die room.
  11. Verwyder die meringue vanaf die die bakplaat sodra dit heeltemal afgekoel is. Skep die geklopte room versigtig oor die meringue.
  12. Versier met vars aarbeie, appelliefies, neute en opgebreekte stukkies sjokolade.

Untitled design(3)

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s