Japie se Gunsteling

As jy enigsins in ’n Afrikaanse huishouding groot geword het, sal jy weet dat jy altyd een van dié boeke in die huis sal vind; Sasol Voëls van Suider-Afrika, die HAT, die Bybel (ekstra punte as dit nog in oud Nederlands is), en natuurlik, die Kook&Geniet. S.J.A. de Villiers se resepteboek het haar die moeder van die Afrikaanse huis en haard gemaak, en dis nie sommer net ’n boek wat ’n mens mee wegdoen nie. O nee! Dit word erfstukke. Elke generasie ontvang sy eie, splinternuwe, hersiende weergawe, en so sal jy heel moontlik met vier of vyf sit teen jou oudag – afhangend of jou skoonma genoeg van jou gehou het.

My 2011 hardeband lê iewers in ’n boks, maar danksy die internet, is die Kook&Geniet nie te ver weg nie. Onlangs het Jan Hendrik van der Westhuizen, die bekroonde Michelinster-sjef, Japie se Gunsteling weer nuwe lewe gegee. Dis daar wat ek besef het dat ek nog nooit met hierdie ikoniese gunsteling in aanraking gekom het nie, en besluit toe dat dit ideaal is vir die wintermiddae wat voorlê.

Untitled design(4)

Bestanddele

  • 3 eiers, geskei
  • 250 g (300 ml) strooisuiker
  • 375 ml melk
  • 55 g (100 ml) koekmeel
  • 310 ml lemoensap
  • 30 ml suurlemoensap
  • fyn gerasperde skil van 1 lemoen
  • 40 g (45 ml) botter, gesmelt

Metode

  1. Verhit die oond tot 180 ° C. Klits die eiergele en suiker tot lig en skuimerig.
  2. Voeg die helfte van die melk by die eiermengsel en klits vir 2 minute.
  3. Voeg die meel en die res van die melk by en klop deeglik.
  4. Voeg die lemoensap, suurlemoensap, lemoenskil en gesmelte botter by en meng goed.
  5. Klits die eierwitte tot styf voordat dit in die mengsel ingevou word.
  6. Botter jou oondbakkies en skep die beslag versigtig in elke bakkie in totdat die verlangde hoeveelheid bakkies gevul is. Plaas dan die bakkies in ’n oondbak en vul dit halfpad met kookwater – hierdie sal die nagereg klam hou.
  7. Plaas die nagereg in die oond vir 45 minute. ’n Goue kors sal vorm om die sous binne te hou. Bedien warm.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s