Guido se Tamatiebredie

My nooi is in ’n nartjie, my ouma in kaneel…Die wonderlike ding van kos is dat dit die herinnering van ons afgestorwene geliefdes laat voortleef. My pa se ma is in hoenderpastei en my ma se ma is in broccolli hoender. My stiefouma leef voort deur die kostradisies wat sy aan my stiefpa oorgedra het.

Haar naam was Alassandra Pallavicini, ʼn vuurige Italianer van ’n voormalige-bloubloedfamilie. Sy het met ʼn Suid-Afrikaanse man na die Tweede Wêreldoorlog weggeloop en in die Kaap kom woon. Saam met haar het sy die Italiaanse kombuis gebring. My stiefpa, Guido, het by haar geleer hoe om die perfekte gnocchi te maak en met gevolg vir my in ’n absolute gnocchi-snob verander.

Winter is in ons huis gekenmerk deur Guido se tamatiebredie – die mees no fuss tamatiebredie wat jy sal kan vind. Dit wil sê geen room, wyn, of onnodighede nie, hoewel, volgens Allasandra is Tassenberg die beste wyn waarmee jy kan kook. Los die fêncy Pinotage vir die tafel, en gooi ʼn blend in jou bredie.

Ter ere aan Guido (sommer so op die nippertjie van sy verjaarsdag) en sy Italiaanse ma het ek sy tamatiebredie aangedurf met ʼn Italiaanse twist: gnocchi in plaas van aartappels.

Bestanddele

  • 1 kg potjiekos-beef
  • 2 blikkies geskilde Italiaanse tamaties
  • 2 uie opgekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 1 potjie tamatiepuree
  • 5 Lourieblare
  • 1 teelepel suiker
  • 2 koppies beesaftreksel
  • 2 groot aartappels, geskil en gesny
  • Gnocchi, gekoop of selfgemaak
  • Basmati-rys

Metode

  1. Gooi olyfolie in ʼn pot en braai die opgekapte uie en knoffel tot goudbruin.
  2. Voeg die vleis by en braai vir 5 min.
  3. Voeg die tamaties, tamatiepuree en suiker by. Gooi dan die aftreksel by en roer.
  4. Plaas die aartappels en  lourierblare in die pot en laat dit prut vir 20 min.
  5. Laat die oornag staan.
  6. Plaas gnocchi in ʼn pot kokende water. Sodra die gnocchi na boontoe begin dryf, dan is dit gereed.
  7. Verhit die tamatiebredie op die stoof en voeg ʼn koppie kookwater by.
  8. Skep die gnocchi oor in die pot waarin die bredie is.
  9. Sit voor met basmati-rys en geniet.

1

3 thoughts on “Guido se Tamatiebredie

  1. Ek onthou die kommentaar van ‘n klein dogtertjie wat een aand uitgebulder het, ” ek wil nie jou loskos hê nie, ek wil Guido se potkos hê”, die einste tamatiebredie pot! ❤️❤️❤️

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s