Keto Kaaskoek

As daar nou een koek daar buite is wat min kreatiewe aandag aan bestee word, is dit ’n kaaskoek. Oral is dit presies dieselfde. Kaaskoek met ʼn grenadella bolaag, kaaskoek met ‘n aarbei-compote bolaag, kaaskoek met ʼn suurlemoen-twist, en dis omtrent die omvang. En moet nie laat ek eers begin met die politiek van kaaskoeke wat eintlik maar net yskasterte is nie.

Die kaaskoek wat ek by die huis bak is eenvoudiger as wat meeste mense verwag. As ’n uitdaging gedurende hierdie inperkingstyd het ek ’n keto-kaaskoek aangepak. Nadat ek deeglike navorsing gedoen het, het ek besef dat ek net sekere bestanddele van my go-to-resep hoef te verander. Totsiens meel en suiker, hallo klappermeel en xilitol.

Die grootste tameletjie van hierdie resep is om ’n keto-vriendelike plaasvervanger vir die beskuitjie-onderlaag te kry. Ek het amandelvlokkies gebruik, maar ander neute of amandelmeel kan ook gebruik word.

Let wel dat keto-kaaskoek beteken nie gewigsverlies nie. As jy ’n hele kaaskoek gaan eet, mag jou lekker lockdown-leggings jou meer inperk as wat jy reeds gedoen word.

Untitled design (6)

Bestanddele

  • 2 houers maaskaas
  • 1 houer crème fraîche
  • 2 eetlepels klappermeel
  • 2 eiers
  • 100 g xilitol
  • 1 t vanielje
  • 150 g amandelvlokkies
  • 2 eetlepels botter
  • 1 t kaneel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Plaas die amandelvlokkies in ’n Ziplock-sakkie en gebruik ’n koekroller om dit in fyner stukkies te breek.
  3. Smelt botter en voeg by amandels.
  4. Voeg kaneel by en meng goed.
  5. Versprei eweredig in ʼn losboompan en druk plat.
  6. Plaas dan in yskas.
  7. Meng die maaskaas, crème fraîche, vanielje, xilitol en klappermeel in ʼn mengbak.
  8. Klits die eiers en voeg dit dan by die mengsel. Wees versigtig om nie te oormeng nie.
  9.  Skep beslag uit in die losboompan.
  10. Bak vir 30 min.
  11. Haal uit die oond en laat dit afkoel. Plaas dit daarna in die yskas vir ten minste ‘n uur.
  12. Versier met granaatpitte, bloubessies of vars aarbeie en sit voor met geklopte room.

* Die eiers en kaas moet kamertemperatuur wees vir beste resultate.

 

One thought on “Keto Kaaskoek

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s