27 Club

Dié maand word ek 27. Drie jaar weg vanaf my eerste botox-inspuiting. Drie jaar weg vanaf my eerste K-Way-baadjie. Drie jaar weg vanaf vrae rondom ’n tekort aan eie woning, trouring of Labrador. My grootste vrees is eintlik dat ek spyt gaan wees oor die dinge wat ek nie doen nie, en die ironie lê … Lees verder 27 Club

Blommetjie gedenk aan my

Dis weer daardie tyd van die jaar wat die Namakwaland floreer en al Darling se akkommodasie vol bespreek is weens die blommeskoue. Vir die eerste keer verskaf meer en meer winkels eetbare blomme, heel moontlik om mense uit ander se tuine uit te hou. Tog word dit so gou uitverkoop dat ’n mens in elk … Lees verder Blommetjie gedenk aan my

Tong in die Quiche

As daar nou een ding is waaroor ek min beheer uitoefen, is dit ’n souttert. Wanneer daar ook al ʼn doop of begrafnis in die dorp is raak ek gans te opgewonde, want ek weet dat iewers in ʼn stowwerige NG kerk saal of ʼn tannie se sitkamer wat nog streng vasgevang is in 1975, … Lees verder Tong in die Quiche

Parlour toe!

Daar is geen persoon wat die konsep van verveeldheid beter verstaan as ʼn onlangse gegradueerde nie, en meer spesifiek ʼn onlangse gegradueerde sonder werk. Dit is Januarie maand, terug van my eerste see-vakansie sedert ek 12 was, en my komende dae lyk maar vaal.   Tussen werksoek, om die blok draf met my kon-‘n plasie-koop-vir-die-prys … Lees verder Parlour toe!