Parlour toe!

Daar is geen persoon wat die konsep van verveeldheid beter verstaan as ʼn onlangse gegradueerde nie, en meer spesifiek ʼn onlangse gegradueerde sonder werk. Dit is Januarie maand, terug van my eerste see-vakansie sedert ek 12 was, en my komende dae lyk maar vaal.   Tussen werksoek, om die blok draf met my kon-‘n plasie-koop-vir-die-prys … Lees verder Parlour toe!

Sosatie Marais

Dis ʼn reënerige Saterdagoggend straks na 04:00 in die Boland, en ek sit in die bed geïsoleerd van die samelewing weens koue koors. Siende dat ek nie werklik kans sien vir nog ʼn 20min-lange lewensles van Carrie Bradshaw nie, het ek besluit om hierdie duiwel se oorkussing in produktiwiteit te verander en die staaltjie te … Lees verder Sosatie Marais

Babylonstoren

‘n Tuin om na te ontsnap vir wanneer die stad net te veel aan jou menswees knaag. My oorspronklike plan was om ‘n boereworsrol en vars sap te gaan geniet, maar die hele kontrei se gesinne was daar met hul skepsels op fietse en dinge wat net te vinnig na my sin beweeg. As jy … Lees verder Babylonstoren